Preek vir die week

‘n Potgooi bespreking deur David Murray.

Jesus on Every Page: The Angel of the Lord

David Murray bespreek die Ou Testamentiese verskynsels (Christophanie) van die Seun van God – Jesus Christus. Hy verduidelik hoe die woord “Engel” in hierdie gedeeltes nie dui op ‘n geskape engel nie, maar dat dit eerder dui op die Seun van God en die funksie wat beskryf word. Dus vertaal die 1933/53 vertaling baie van hierdie gedeeltes met ‘n hoofletter. Dus is Hy nie net ‘n engel van die Here nie, maar eerder die Engel van die Here. Murray bespreek Genesis 16 en hoe hierdie gedeelte duidelik wys dat die Engel wel self God is – die ewige Seun van God voor Sy menswording (NGB Art 8 -10).

Dieselfde Een wat Hagar in Genesis 16 by die fontein in die woestyn gevind het is dieselfde Een wat die Samaritaanse vrou by die fontein gekry het in Johannes 4.