Die volgende is geskryf deur Ds. Andrew WG Matthews, vertaal deur Ds. Orrie Oosthuizen.
Enkele aanhalings is as volg:
’n Refrein wat deur ons regeringsleiers aan ons gepreek word, is dat ons “die regte ding moet doen”. Dit is ironies dat ons leiers in ‘n era wat morele absolutisme verwerp en morele subjektiwiteit voorstaan, so ‘n banale frase sal gebruik om die toepassing van hul eie reëls toe te bevorder. Wat presies is “die regte ding”?
Wanneer ons die burgerlike regering die mag toelaat om die basiese funksionering van ons kerke te beheer, word ons fundamentele belydenis dat Jesus Christus die enigste Hoof van die kerk is, onder skoot….
…Die gesondheidswette is soos ‘n reuse Trojaanse perd wat ons in ons stad verwelkom het. As ‘n kommunistiese of progressiewe regering ‘n direkte aanval teen die Christelike gemeente sou maak, sou die kerk ongetwyfeld terugveg. As die regering ons kerke sou sluit weens ideologie, sou ons in die openbaar weerstand bied—of ondergronds gaan. Tog, wanneer die regering ons kerke sluit weens gesondheidswette, onderwerp ons sonder twyfel. Alhoewel die motiewe anders kan wees, is die einde dieselfde….
…Die grootste absurditeit van alles is dat Covid-beperkings uitgereik is om die lewe van die mees kwesbares, siekes en bejaardes te bewaar, maar regerings het genadedoodwetsontwerpe aanvaar om siekes en bejaardes dood te maak.
Dit is tyd om ons naïwiteit af te skud en ‘n houding van twyfelagtige en waaksame pessimisme jeens die regering aan te neem. Sonder om die Bybelse etiek van eer en onderwerping aan die regering te ontken, moet die kerk erken dat sodra godvresende regerings onderdrukkend optree op maniere wat nadelig is vir die bloei van die kerk. Die kerk behoort nie vriendelik te onderwerp aan elke edik van die staat soos dit op die kerk toegepas word nie, maar die karakter van elke regulasie kragtig in die lig van God se wet te ondersoek.
Dit is tyd dat kerkleierskap grense van regeringsinbreuk in kerklike bedrywighede vasstel, om te definieer watter gebiede toelaatbaar is en watter gebiede heilig is. Net soos God in die see ingeperk het, moet die kerk die krag hê om vir die staat te sê: “Tot hiertoe sal jy kom en nie verder nie.” (Job 38:11).
Die primêre sonde van kerkleierskap is ons oneer aan Christus se heilige heerskappy oor ons lewens en die kerk…Die verswakte toestand van die kerk is die direkte gevolg van die kerk se optrede tydens Covid. As ons hoop dat God die lotgevalle van haar mense herstel, is dit ons plig om eers ons aksies tydens die pandemie op te neem, ons te bekeer en dan te oorweeg hoe ons onsself voortaan kan vryspreek. In die mate wat die kerk die opskorting van die gewone genademiddele wat in openbare aanbidding ervaar word, toegelaat het, is sy verantwoordelik vir die swak geestelike toestand van gelowiges…
Lees die volle artikel by Pro Regno