God, Tegnologie en die Christelike Lewe

Tegnologie kan so maklik deur ons misbruik word, en skade veroorsaak in ons verhouding tot God en ons naaste, veral ons gesinslewens. Ons moet as gelowiges daarteen waak dat die instrumente wat God ons gee, nie ons lewens oorheers nie, maar ons moet daaroor heers, dit beheer deur sy Gees en Woord (1 Kor.6:12).

Die sosiale media (rekenaars, selfone, ipod’s, ipad’s, ens.) is met ons, of ons daarvan hou of nie.  Die sosiale media rewolusie word beskou as die grootste rewolusie sedert die Industriële Rewolusie.

Luister gerus hier na die gesprek oor die gebruik van tegnologie, met Tony Reinke, ‘n gelowige kenner oor die onderwerp en skrywer van die boek met dieselfde opskrif as die titel hierbo.