COVID-inentings skrikmaak taktiek: gevallestudies en SARU skole rugby

Dit gebeur gereeld dat maatskappye en instansies ‘n skrikmaak taktiek volg wanneer dit by COVID-inentings kom – briewe word uitgestuur wat jou dreig met ‘n sperdatum. Dit gaan gewoonlik onder die vaandel van “veiligheid en gesondheid” (health and safety). Gevolglik skrik baie werknemers en laat hulle dan onder hierdie situasie van manipulasie en dwang inspuit. Baie maatskappye sal egter later hulle beleid hersien deur die beperkings en dreigemente terug te trek – voorbeelde hiervan sluit in Woolworths se hoofkantoor, Mediclinic, Old Mutual, die Universiteit van Kaapstad en AngloAmerican.

SARU se onlangse Craven-week mandaat dien ook as ‘n gevallestudie. Ouers en skole is met briewe skrikgemaak – jy moet jou kind laat inent anders kan hy nie Craven-week speel nie – vir onder 13’s en onder 18’s. Organisasies soos NEASA het goed beredeneerde briewe aan SARU gerig. Net ‘n maand later, toe trek SARU dit terug. Wanneer die inentingsdwang aanvanklik aangekondig word, dan kan die hoofstroom media nie méér opgewonde wees nie – nuusberigte en ondersteuning is volop; maar wanneer hierdie beleide teruggetrek word, dan is dieselfde media doodstil.

Natuurlik word sekere feite altyd gerieflik oorgesien, soos dat die COVID-inenting nie effektief is nie, en dat al sou die werksmag 100% ingeënt wees, dat die mense nogsteeds COVID kry en dit ook versprei. Die eksperimentele inspuitings is nie veilig nie en ook nie effektief nie. Die veiligheidsargument is nie gegrond op realiteit nie en die rede tot dwang is eenvoudig immoreel.