Kansas, VSA: Die skool se beleid het vereis dat ‘n onderwyseres die skoliere op hul verkeerde geslag moet noem indien die kind dit so verkies. Die beleid sluit verder in dat die onderwysers nie hierdie inligting aan die ouers mag deel nie, so byvoorbeeld – as jou seun besluit hy is ‘n meisie by die skool, dan moet die onderwysers hom nie net “haar” ens. noem nie; maar die onderwysers mag ook nie die ouers inlig dat dit by die skool gebeur nie.
Dit is natuurlik dieselfde regerings wat opvoeding en vakinhoud wil reguleer en beheer, om sodoende hierdie verdraaide agendas te bevorder (net soos hier in Suid-Afrika). Pamela Ricard het egter haar saak gewen. Lees volle berig op the post millennial.